Manuel II Palaiologos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Bewind | 16 Februarie 1391 - 21 Julie 1425 |
Voorganger | Johannes V Palaiologos |
Opvolger | Johannes VIII Palaiologos |
Gebore | 27 Junie 1350 Konstantinopel |
Oorlede | 21 Julie 1425 (op 75) Konstantinopel |
Dinastie | Palaiologos |
Vrou | Helena Dragas |
Vader | Johannes V Palaiologos |
Moeder | Helena Kantakouzene |
Manuel II Palaiologos (Grieks: Μανουήλ ὁ Παλαιολόγος, Manouēl ho Palaiologos; 27 Junie 1350 - 21 Julie 1425) was van 1391 tot 1425 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy het kort voor sy dood ’n monnik geword en die naam Mattheus aangeneem. Sy vrou, Helena Dragas, het toegesien dat hulle seuns Johannes VIII en Konstantyn XI keisers word.
Manuel is tot heilige van die Oosters-Ortodokse Kerk verklaar en sy feesdag is op 21 Julie.[1]